Meer oor ons...


 

Mar-Leo Publiseerders is tydens 2015 vir slegs een rede gestig: die behoud en uitbreiding van ons moedertaal.

“Ons woord is ons eer. As Afrikaners is ons taal al wat ons oorhet.”

Mar-Leo Publiseerders beskerm kliënte se kapitaal deur minimum publikasies teen die beste pryse te druk. So kry die skrywer / digter geleentheid om sy/haar boek vinniger uit te verkoop en 'n tweede oplaag te laat druk. Jou tweede oplaag sal slegs 'n oproep weg wees!

ISBN registrasie word direk in die skrywer se naam gedoen teen geen ekstra koste. Jy behou kopiereg vanaf jou eerste skryfstuk tot die verkope van jou boeke! Ons help digters en skrywers stap vir stap deur die publiseringsproses om hul werke te publiseer.

Mar-Leo Publiseerders beoog ook om verskeie omnibusse te publiseer. Hou gerus ons Facebook-blad dop vir aankondigings, meer inligting en tariewe om deel te raak van hierdie puik gesamentlike projekte!