Anneke01

ANNEKE VERTEL MEER OOR HAARSELF EN DIE ONTSTAAN VAN "EK KOM MOS NOOIT NÊRENS NIE"...

Ek is in Worcester op 2 Desember 1968 gebore en het in Oudtshoorn grootgeword en gematrikuleer.   Daarna het ek die groot stad, Kaapstad aangetree vir verdere studies en begin toer. Ek het my B.Proc graad deur UNISA verwerf, maar boekskryf is baie meer interessant as die regswêreld. Die toer-gogga het my seker tydens my lugwaardin dae gebyt. Ek was in die bevoorregte posisie om vroeg te kon toer en het reeds 27 lande besoek. In Saudi Arabia was ek ‘n “huisvrou” - not by choice - en toe het ek begin om nuusbriewe oor my ondervinding wat ek daar opgedoen het te skryf. Die eerste boek is dus daaruit gebore.

Ek sal myself as onkonvensioneel, uitgesproke en soms te reguit en sonder takt beskryf. Ek glo met humor kan ‘n mens baie vermag en daarmee ook deur die donker en hartseer tye die lig sien. Dit is wat my deur KSA (Kingdom of Saudi Arabia) gehelp het. Ek was ‘n jaar in Kleinzee aan die Weskus - naby Port Nolloth - maar tans is ek woonagtig in Richmond, KwaZulu Natal.

‘n Resepteboek (wat meer in ‘n onthaal formaat as ‘n resepteboek is) volg binnekort en dan is storieboek nommer drie, Nagmaal in Kleinzee ook op pad.

DIE MAGISTRAAT MET DIE FIETS EN LIEWE HUIS

Die beginstadium van ‘n verbode verhouding wat hulle weet is verkeerd, maar hartsgevoel en “ware” liefde laat hom nie voorskryf nie. Veronika gee alles wat sy in haar binneste het vir toekomsplanne en ‘n toekoms saam met Malherbe. Malherbe gee alles om Veronika se sienings van die lewe en die toekoms te bepaal. Die Magistraat met die Fiets en Liewe Huis is twee “boeke” saamgevoeg waarvan een verhaal is van steeds ware liefde en die ander van twyfel in die lewe en liefde. Die boek is onder die skuilnaam, Amor Blom geskryf.

Ek Kom Mos Nooit Nêrens Nie en Die Magistraat met die Fiets en Liewe Huis is beskikbaar teen R125 elk (posgeld uitgesluit). Kontak Anneke by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. vir bestellings en navrae.