tiende

Hierdie projek is die eerste kortstorie projek wat Mar-Leo Publiseerders aangebied het. Die agtergrond rondom Die Tiende Provinsie is n fiktiewe provinsie in Suid-Afrika of in die buitenste ruimte of 'n plek waar jy jouself bevind.

Die reaksie van die skrywers was van positiewe toejuigings tot geharde satiriese kommentaar en selfs oplossings van situasies.

In die Die Tiende Provinsie is daar skrywers wat uitmuntende werke gelewer het - wat deesdae so skaars soos hoendertande is. Van die stories lig spottende situasies uit wat wys hoe onderstebo die wêreld is. Ander presenteer aan ons ‘n oplossing om ons eie "tiende provinisie" te skep vir oorlewing en selfbehoud.

Die boek is ligte leesmateriaal en suiwere ontspanning met stories wat uitstekend geskryf is!

In kort; Die Tiende Provinsie is jou boek waarin jy kan veilig voel en wegkruip. As die werklikheid te veel raak vir jou, wees gerus dat jy in elke storie droomverlore sal raak!

Die Tiende Provinsie is beskikbaar teen R160 elk (posgeld ingesluit). Kontak Mar-Leo Publiseerders by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of besoek www.marleo.co.za vir navrae en bestellings!