dissekteer

Mar-Leo Publiseerders het met hierdie tweede publikasie aan amateur skrywers en digters die geleentheid gegee om 'n platform te betree vir blootstelling van hul werke en talent op ‘n bekostigbare wyse.

Hierdie digbundel beloof om die lesers se aandag te trek en te behou.

Die omnibus se doel is om die digters uitting te gee oor hoe hulle die “nuwe Suid-Afrika,“ sy mense en die huidige situasies in die land ervaar. Die huidige situasie in ons land is belangrik, want elke skrywer of digter het die reg om sy opinie te gee.

Dit is belangrik om klem te lê op die feit dat die omnibus ‘n opdrag-omnibus is en die onderwerp (gedigte) sommige mense diep kan roer of met afguns vul. Hierdie is beslis 'n bundel wat op jou boekrak moet wees!

Dissekteer die Reënboog is beskikbaar teen R160 elk (posgeld ingesluit). Kontak Mar-Leo Publiseerders by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of besoek www.marleo.co.za vir navrae en bestellings!