TA

Francois Meyer is op 21 Januarie 1994 in Bloemfontein gebore. Hy het in 2012 aan die Hoërskool Fichardtpark matrikuleer.

Tempora Animus, Francois se debuut digbundel, is op 26 September 2013 en Onder die Dekmantel, sy tweede digbundel, op 17 Januarie 2015 gepubliseer. Onder die Dekmantel se eerste oplaag het binne ses maande uitverkoop! Op 30 Oktober 2015 het Francois Onder die Dekmantel: Die Spesiale Uitgawe bekendgestel – ‘n spesiale hermeesterde weergawe van Onder die Dekmantel asook Tempora Animus.

“Met elke bundel kry die digter ’n geleentheid om homself te herontwerp en na nuwe hoogtes te groei. Hierdie bundel was my geleentheid om reeds gepubliseerde werke te verbeter deur die groeiproses na my volgende digbundel.”

Op 25 Junie 2016 het Francois sy amptelike derde digbundel, Digtershart, bekendgestel. Dié bundel het na die aand van bekendstelling reeds 50% uitverkoop. Francois beskou dit as die laaste skoonskryf in ‘n trio van emosionele en persoonlike digbundels.

“In my eerste bundel, Tempora Animus, moes die kettings in my lewe breek. In my tweede bundel, Onder die Dekmantel, moes die sluiers lig en die maskers val. In Digtershart vra ek aan elke leser die vraag: “as ek my hart en siel in digkuns voor jou neerstort, wat sal jy met my onsterflike woorde doen?” Liewe leser, mag die diepste klop van my Digtershart ‘n rimpel-effek in jou lewe agterlaat…”

Francois vorm ook deel van verskeie publikasies wat deur Mar-Leo Publiseerders uitgereik is, onder andere Vier Seisoene Omnibus (2015), Dissekteer die Reënboog (2015) en die Geloof, Hoop, Liefde & Vriendskap bundel-stel (2016). Buiten digkuns, is grafiese ontwerp ook een van Francois se groot passies en entrepreneurskap is in sy bloed.

Hy woon tans in Bloemfontein en sy grootste droom is om ander deur middel van kreatiwiteit in hul drome te laat glo. “As jou drome jou nie bang maak nie, droom jy nie groot genoeg nie!”

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.