28

MAAK KENNIS MET JOHAN EN DIE ONTSTAAN VAN NOMMER 28

Johan is ‘n gesinsmens wat vir God en Sy opdragte lewe; om mekaar lief te hê. Hy het in die Oosrand, Elspark in Germiston grootgeword en was sportief, maar moes ook hard aan akademie werk, alhoewel hy nie werklik boeke gelees het nie. Na skool was hy in die polisie as speurder waar hy in intelligensie, speurwerk, ondersoekwerk en opsporings gespesialiseer het. Hy het selfs onder die dekmantel gewerk. Sy vrou is ’n puik onderwyseres en hy het ook waar sy skoolgegee het jeugwerk en kinderbediening gedoen. Johan het ook met die ouer jeug oor jeugaande gewerk, waar hy hulle na Jesus gelei het. Tot dusver het hy nog nie een boek in sy lewe gelees nie. Dis toe dat daar ‘n wonderwerk gebeur het; waar God deur middel van ’n droom aan hom ‘n opdrag gegee het om aan sy boek te begin skryf. Hy het begin skryf met hulp van sy onderwyseres-vrou. Johan het sy eerste boek geskryf, uitverkoop en weer in ’n nuwe uitgawe herdruk. Hy is reeds besig met verskeie nuwe boeke, want God gebruik hom om boodskappe in storieformaat weer te gee.

Johan het in Julie 2016 sy debuut boek, Nommer 28, bekendgestel.

Nommer 28 is 'n geestelik geïnspireerde boek en nou beskikbaar teen R120!

Kontak Johan by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. vir bestellings en navrae.