Jotha01

Die Gelofte dagboek, Waterberg op Kommando en heelwat digbundels van verskeie digters is al deur Jotha Drukkers in Pretoria gedruk. Bosveld Jagter se tydskrif naamlik Impala, Oom Paul se ponde, Christelike boeke en storieboeke van skrywers soos Sarel Venter en Amor Blom is ook trotse drukwerk deur Jotha Drukkers.

Jotha Drukkers is in 1995 gestig toe die eerste bekostigbare digitale vermoëns beskikbaar geraak het vir die druk van klein oplaag boeke -1 000 en minder, maar oplae van soveel as 5 000 is ook hanteer. Daarmee was die druk van goedkoper akademiese lektuur ook betree.

WAT IS JOTHA DRUKKERS SE VISIE EN MISIE?

Om ‘n gevestigde drukkery te wees wat die mark vir die set en druk van boeke bedien; hoofsaaklik klein oplae, maar ook groot oplae teen bekostigbare pryse. Daarmee saam bied ons dienste vir die uitleg en druk van klein oplae tydskrifte, opleidingsmateriaal, ens. ook aan.

WATTER TIPE DRUKWERK BIED JOTHA DRUKKERS AAN?

Druk van klein en groot oplae boeke wat geringbind, draadringbind, gombind en garestik gebind kan word. Ons druk ook volkleur tydskrifte wat deur middel van gom of saalstik gebind kan word. Alle akademiese materiaal asook kongres en seminaar lektuur vir klein persoonlike tot groot groepe. Ons dienste behels ook die herdruk van vorige publikasies wat nie meer verkrybaar in die handel is nie. Massa wit en swart kopie drukwerk is ook beskikbaar en die druk van klein oplae volkleur pamflette en besigheidskaartjies. Ons druk ook faktuurboeke.

PROJEKTE VIR DIE TOEKOMS...

Ons wil vir die 2015/2016 boekjaar ook aan skrywers die diens bied van klein oplaag hardeband boeke met volkleur druk. Enige persoon of skrywer wat die droom het om ‘n boek uit te bring wil ons graag van diens en hulp wees om sy/haar droom te waarheid. Ons sal hom/haar lei van die begin tot die einde waar hy/sy ‘n boek op die tafel het. Ons is in samewerking met uitgewers en digitale platforms vir die promosie van kliënte se boeke.

Kontak Johannes of Mariëtte van Dyk gerus by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 083 453 0969 vir ‘n gratis kwotasie! Besoek ook Jotha se splinternuwe webwerf by www.jotha.co.za !