Karen01

MAAK KENNIS MET KARIN…

Baie mense beweer dis die moeilikste ding om te doen… en dit is om iets oor hulself te vertel, maar vir my is daar net een ding wat my bybly en dit is my moeder se woorde aan my: “My kind, jy is net liefde.” Ja, ek is iemand wat soveel liefde in my het en uitleef. Dit is vir my belangrik om die mooi in die lewe raak te sien en alles positief te benader, ongeag hoe negatief dit voorkom. Ek is ook oneindig baie lief vir Koning Jesus en leef dit uit in my gedigte. Ek is ‘n veldkind. My lekkerste skryftyd is in die natuur. Ek is nogal ‘n streng en effe ernstige mens, maar aan die ander kant ook ‘n klein dogtertjie wat die lewe voluit leef en die beste daarvan maak. Ek hou van uitdagings en stel doelwitte aan myself en hou aan tot ek die toppunt van my drome bereik. Tans is ek besig met my eerste roman, “Waar die geelbessie bot.” My derde digbundel sal ook teen einde Julie 2016 voltooi wees en ek sien baie daarna uit, want weereens word die digbundel geskryf in een van my gunstelling menswees-seisoene, herfs. Ek is ook baie lief daarvoor om te skilder. Ek het my eerste CD uitgebring in 2010, “Kinder Bybel stories vir kleuters – Deel 1.” Die opvolg van hierdie CD behoort voor einde 2016 op die rakke te wees.

“OP HORISONNE VAN DIE LIEFDE” (2011) - UITVERKOOP

“Op horisonne van die liefde” was tydens ‘n baie donker tyd van my lewe geskryf. Daardie tyd het ek ontdek dat ek my goevoelens op papier kan neerpen en so verligting voel. “Op horisonne van die liefde” was nie gepubliseer nie, aangesien my voormalige uitgewer beweer het dat “dit die mees swaarmoedigste digwerk was wat hy al ooit gelees het en dat die digbundel glad nie sal verkoop nie.” “Op horisonne van die liefde” het op die boekrakke van die mense die naaste aan my beland. Na groot aanvraag, het ons ‘n tweede druk van 300 bundels gedoen - wat vinnig uitverkoop het. Die bundel is tans nie meer in druk nie en ek het sommige van die gedigte oorgedra na my nuutste digbundel, “Engel Kind.”

“ENGEL KIND” (2015) – R145 (posgeld ingesluit)

“Engel Kind” is my eerste digbundel wat amptelik gepubliseer is. In die tydperk terwyl ek “Engel Kind” geskryf het, het dit vir my gevoel of ek letterlik op die wolke loop. Dit was die tyd wat ek die liefde van my lewe ontmoet het, altans, dit was hoe dit geblyk het, maar teen die einde van my laaste gedig, het ook daardie liefde tot ‘n einde gekom. In hierdie bundel kan die leser duidelik die vier seisoene van my menswees saam met my beleef. Dit was ook dié skrywes wat my die meeste opgewondenheid laat beleef het, want ek het geweet dat hierdie skrywe uiteindelik gepubliseer sal word en dat “Engel Kind” in die hande van mense sal beland wat hul eie lewe met my skrywes kan vereenselwig – wat toe ook die geval is. Tot en met vandag kry ek op ‘n daaglikse basis mense wat hul lewensverhaal met my deel en my bedank vir “Engel Kind,” want dit het so baie betrekking op hulself.

Kontak Karin by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. vir bestellings en navrae!