Koba01

MAAK KENNIS MET KOBA...

Ek was in Pietermaritzburg, Kwazulu-Natal gebore; waar ek die grootste deel van my lewe gewoon het. Ek is die derde van vier susters (my pa kon nie sweis nie) en die oudste van 'n tweeling. My ooms, tannies en niggies was mense wat nog altyd hul kreatiwiteit van hekel, brei, naaldwerk, borduurwerk, kook, bak, konfyte maak en sing uitgeleef het. Ek dink dit is maar net natuurlik dat ek ook 'n voorliefde vir iets kreatief moes ontwikkel.

Ek was nog altyd lief vir stories luister en musiek, maar meer die lirieke agter die liedjies. Ek het op hoërskool, as gevolg van 'n gebroke hart, begin skryf en later die terapeutiese waarde van skryf besef. Van daar af was daar geen keer.

Daar is nog baie ander kreatiewe dinge wat ek graag wil probeer, maar is trots om uiteindelik te kan sê dat ek iets uiteindelik - van begin tot einde - kon deursien sonder dat ek met lastige aanwysings moes baklei.

SPLINTER SKERWE VAN MY HART...

Splinter Skerwe van my Hart is my debuut bundel. Hierin maak ek myself oop vir die wêreld om te sien wie ek is en wat my hart laat klop. Dis 'n groeiproses van stukkend na heel waarin die verskeie gebeure of aspekte van die lewe daar buite ondersoek word om sodoende 'n pleister daarop te kan plak en aan te beweeg.

Nou beskikbaar teen R180 (posgeld ingesluit)

Bestel by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.