magwer01

MAAK KENNIS MET MAGDA...

Magda is in Pietersburg gebore en het haar skoolloopbaan te Brandwag Benoni voltooi, is getroud en het ‘n seun (Leon Botes) en dogter (Brenda Botes Arrow). Albei van hulle is ook bedrewe in die skryf/digkuns-wêreld. Magda en haar seun, Leon, het albei in Oktober 2014 hul eerste bundels gepubliseer. Sy is 'n boekhoudster van beroep en doen ook graag proeflesing en taalversorging. Sy ontspan graag met musiek of die buitelewe.

Magda het in Oktober 2014 haar debuut bundel, Druppels Uit My Hart, bekendgestel. Dié bundel bestaan uit gedigte sowel as kortverhale met 'n emosionele en inspirerende agtergrond.

MAAK KENNIS MET WERNER...

Werner is in Pretoria op 20 Augustus 1956 gebore en het sy skoolloopbaan in 1974 voltooi te Silverton Hoërskool, Pretoria. Daarna was hy weermag toe vir twee jaar voordat hy begin werk het. Hy werk tans by ʼn agentskap wat huise en woonstelle uitverhuur. Hy het eers laat in sy lewe begin skryf - dit was in die tyd toe hy in Acapella gesing het, dat alles begin het. Hy het sommer weggespring met 'n liriek. Hy was later deel van ʼn sanggroep, Solo 7. Vier van sy lirieke is ook vir 'n CD getoonset. In 2010 het hy meer ernstig begin skryf. In 2015 het hy vir die eerste keer ʼn kortverhaal geskryf. In 2016 het hy die geleentheid gekry om saam met ʼn mededigter, Magda de Korte, 'n gesamentlike boek te skryf. Vir hom is dit ʼn eerste bundel wat uit gedigte en kortverhale met liefde as die tema bestaan.

"LIEFDESSPORE UIT ONS INKPOT"

Wanneer twee skrywers se ink saamvloei... Liefdesspore Uit Ons Inkpot is ‘n samestelling van gedigte en kortverhale met ‘n basiese liefdes-agtergrond deur Werner Wehmeyer en Magda de Korte… ure se aangename leesgenot en ‘n moét vir elke bedkassie.

Kontak Magda of Werner vir enige navrae en bestellings by:

Magda: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Werner: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.