Logo M01

Mar-Leo Publiseerders is tydens 2015 deur Leon Botes en sy vennoot vir slegs een rede gestig: die behoud en uitbreiding van ons moedertaal.

Leon was byna ‘n slagoffer van ‘n mislukte digbundel wat deur ander uitgewers gepubliseer sou word. ‘n Geluk by die ongeluk het daar gevorm en die stigting van Mar-Leo Publiseerders aangevuur. Tydens Februarie 2015 was hy saam met ‘n paar vriende in ‘n gesprek en het gehoor van die soveelste mislukte omnibus / digbundel en digters wat deur ander uitgewers ingedoen was.

Leon en sy vennoot het daar en dan die besluit geneem om hul kennis saam te span en ‘n publiseringsmaatskappy wat hulself beywer vir die digter op straatvlak te stig. Mar-Leo Publiseerders streef daarna om nie net bekostigbare publiseringspryse aan te bied nie, maar ook persoonlike aandag en ondersteuning aan die digter te gee.

“Ons woord is ons eer. As Afrikaners is ons taal al wat ons oorhet.”

– Leon Botes, mede-eienaar van Mar-Leo Publiseerders.

Kontak Mar-Leo Publiseerders gerus by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. vir gratis kwotasies en enige navrae.