Marus01

MAAK KENNIS MET MARNUS…

Ek is op 22 Desember 1987 in Kimberley gebore. Ek sal begin deur te sê ek sien myself as ‘n soeker; ek kan tussen duisend mense wees en alles besit wat enige mens van kan droom en steeds sal ek voel iets kort, daar is meer in die lewe wat ek wil hê. Ek is ‘n energieke en opgewekte mens. Ek het oor ‘n tydperk van tien jaar 50 gedigte gereed gehad vir Spore Sterven Hart toe ek hoor dat my werk gepubliseer kan word. Ek het binne minder as drie weke die res geskryf. Musiek is my lewe en koffie ook. Ek vind baie waarde in musiek, dit wys myself hoe ek voel sonder dat ek dit in woorde kan sê. Soms vat ‘n mens pen en papier om te skryf, daar is so baie wat jy wil sê, maar die woorde wat jy neerpen is nie genoeg van krag om te sê hoe jy werklik voel nie. Ek heg baie waarde aan Koos du Plessis, Jan Blohm en Laurika Rauch se musiek. Ek braai en kuier graag saam met my vriende by die huis, bergklim en stap is maar enkele dinge wat ek doen indien ek daarby uit kom. Gedigte en boeke skryf neem al my vrye tyd as ek nie agter die kamera staan en die wereld op ‘n foto wil vasvang nie. My leuse in die lewe is: Gryp alles in die lewe aan met beide hande, verander wat jy kan en leef in vrede met die onveranderlike.

MARNUS DEBUTEER MET “SPORE STERVEN HART”

Spore sterven Hart is maar net die begin van baie. Ek hoop om ten minste drie of vier oplae te publiseer. Ek sou nooit kon droom om ‘n debuut digbundel uit te bring nie en hier is hy nou. Ek glo dat mense daar buite tog vanuit ‘n nuwe oogpunt na ander mense sal kyk. Lees gerus DONKER TRONK met baie aandag. My persoonlike boodskap aan elkeen van julle wat my digbundel koop: Hou moed as jy voel jy wil opgee. Dit raak hard en sleg in ons lewe, maar dit kom oor ons pad om die goeie en lekker te waardeer.

Ek wil teen einde 2016 my eerste liefdesverhaal (Raasblaar, op die hoek van Peerboom) ook die lug laat sien. Hou gerus my Facebook-blad dop.

Kontak Marnus by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. vir bestellings en navrae.