Venter01

 

Riane is ‘n skrywer en digter van enigiets wat geskryf kan word. Sy lê haar veral toe op die skryf van romans en gedigte. Sy het ook al kortverhale en kinderstories geskryf. Daar is altyd ʼn storie in haar kop wat soebat om geskryf te word.

Onlangs uit haar pen, die historiese roman ”EN DIE KINDERS WEEN,” het in Augustus 2015 verskyn. Dit is ʼn roerende, menslike verhaal wat handel oor die van Wyk-gesin se lewe en stryd gedurende die Boereoorlog.

Prys: R140.00 posgeld uitgesluit.

Verskeie van haar gedigte is jaarliks in “STEMME UIT DIE SUIDERLAND” (deur die GHA) gepubliseer. Verder verskyn van haar gedigte in “MURMURING MEMOIRS” (POETRY INSTITUTE OF AFRICA). Stemme uit die Suiderland kan direk by die GHA in Pretoria verkry word. Prys op aanvraag beskikbaar.

Haar nuutste roman “KRONKELPAD NA VREDE” het in Maart 2016 verskyn. Hierdie is ʼn menslike verhaal oor liefde, verlies en die uiteindelike selfondersoek wat lei na boetedoening en aanvaarding.

Prys: R140.00 posgeld uitgesluit.

Haar debuut solo bundel “WAAR WOORDE DANS” sal vanaf April 2016 beskikbaar wees. Dit is ʼn versameling van allerlei gedigte, “hartswoordeˮ soos sy dit noem. Van geestelike poësie tot liefde, natuur, emosie en protes tot geskiedkundige poësie.

Prys: R130.00 posgeld uitgesluit.

Posgeld en versending kan verskil van area tot area en wyse van vervoer. Normale versending beloop ongeveer R30.00.

Kontak Riane by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. vir bestellings en navrae.