Selda01

 

KunsWeb het die voorreg gehad om vir Selda Burger, ‘n sprankelende digter, tydens Diërdré Jonker se boekbekendstelling te ontmoet. Selda het kunsklasse geneem en sy skryf al sedert haar laerskool dae. Sy is gaande oor klassieke musiek en werk graag in haar tuin waar sy ook broodbome kweek (met die nodige permitte om te mag kweek en verkoop). Met hierdie blog deel Selda so bietjie oor haarself, asook oor haar digbundel, Vingers en Woordstringe.

WAT WAS JOU INSPIRASIE AGTER VINGERS EN WOORDSTRINGE?
Die inspirasie vir hierdie bundel se saamstelling het van my dierbare kinders, familie en vriende gekom. Almal het my aangespoor om dit te doen. My kinders wou nie eendag na my dood die bundel publiseer nie, daarom moes ek dit maar doen.

WAT IS DIE STERKSTE BOODSKAP WAT DEUR VINGERS EN WOORDSTRINGE NA VORE KOM?
Geloof, hoop en liefde. Baie van die gedigte is geskryf na aanleiding van wêreldgebeure; soos die vliegtuie wat verdwyn het en afgeskiet is. Party mense se hartseer en swaarkry was ook daar en ek moes net skryf.

KITSFEITE:
GUNSTELING KOS?
Enigiets met aartappels. Ek is nie ’n groot vleiseter nie.

GUNSTELING DRANKIE?
Coca Cola en water (gewone kraanwater).

WATTER DIGTERS & SKRYWERS IS VIR JOU DIE GROOTSTE INSPIRASIE?
Elizabeth Eybers, AG Visser en Ela Spence.

WAT MAAK JOU AS MENS UNIEK?
Ek is ‘n Jack of all trades. Ek kan baie dinge doen en wees; van biblioteek werk en sekretaresse, gimnastiek afrigter en beoordelaar, oogkundige kliniek bestuurder tot digter en tekenaar. Ek is baie lief vir my kamera en rekenaar en mal oor kinders en diertjies.

Kontak Selda by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. vir navrae en bestellings.