Oliver01

MAAK KENNIS MET STEPHAN...

Na die afsterwe van my pa in 1994 het ek aan depressie gelei en was deur 'n geneeskundige gevra om stories of opstelle te skryf oor houtskool sketse wat sy aan my getoon het. Sketse soos die op my webblad waaroor ek steeds met oorgawe oor skryf.

Nee, ek is nie 'n "selfmoord-morbiede" persoon nie, maar eerder 'n vredeliewende individu wat elke dag geniet wat Vader aan ons lewens byvoeg. Dae of nagte wanneer die leemte in my hart swel van verlange na die persoon wat my hart besit, is wanneer dit gevul word met gedagtes, gedagtes in woorde, woorde in stories. Al die stories is nie feitlik nie en vloei uit verbeelding, maar elkeen het 'n betekenis en beeld rou emosie uit: wie ek is.

"Wie is ek?" 'n Eenvoudige vraag met 'n ingewikkelde antwoord.

Die beste manier waarop ek dié vraag kan antwoord, is met 'n roeibootjie as voorbeeld. Een wat met liefde, hoop en baie hoë mikpunte geskape is. Gebore uit liefde en grootgeword in die Laeveld. Tussen die bosse, valleie en berge het ek as kind ontwikkel en mens geword. Ek het op die ouderdom van 21 by die weermag aangesluit en my jeug van 10 jaar beleef en elke ervaring van Cowboys & Crooks op groot skaal gespeel met groot wapens wat die aarde laat skud en die wêreld mee kan verander.

Maar waar kom die bootjie dan in? Die bootjie is met insig en liefde vervaardig - met hande vol drome. Dit het met oop oë storms ingeroei en alhoewel dit nou vol gate en water is, is dit vasgemeer teen die kaai. Dit is veilig, wel gebroke, maar het so klein soos dit is, die vreugde en smart van die lewe en wêreld beleef.

Ek sal altyd dankbaar en geanker aan my geloof bly - my verbeelding se grense sal nooit omhein of beperk word nie.

Ja, soveel meer het in my lewe plaasgevind as net die paar reëls. Dit is nie net 'n hoofstuk op sy eie nie, maar volumes bundels wat sonder eind gegriffel kan word; want dit is ver van klaar en sal nimmer eindig tot die wonderlike dag wanneer Vader my kom haal.

Soos hul sê, “in a nutshell...” Dit is ek, nie kort of sonder krag nie, want die woord is waar die krag lê...

IN A BLINK OF AN EYE...

Stephan het in 2016 sy debuut boek, In a blink of an eye, bekendgestel. Die publikasie behels 'n gekombineerde skrywes waarvan die oudste, "The Rose" in 1997 geskryf is. Dit is 'n mengel van onderwerpe van motorfietse, liefde, smart, passie en die na-middernag geskrewe hygsprokies.

Kliek hier om by Stephan se Facebook-blad aan te sluit!

"In a blink of an eye" is beskikbaar teen R150 (posgeld ingesluit).

Kontak Stephan by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. vir bestellings en navrae.