Thola01

’Jammer, Oom, maar jy is die vyand, mý vyand.’ Boetie loop stadig weg. Hy is nie meer vyftien nie, nee, hy het so pas vyftig geword.” ‘n Aanhaling vanuit Sybie Kleynhans se nuutste boek, Thola. Lees gerus op hierdie blog meer oor Sybie en Thola.

MAAK KENNIS MET SYBIE...

My voorname is Sybrandt Gerhardus, waarvan ek nie hou nie. My noemname is Sybie, oom Madefu, Ratau, Leeuman, Baardbek of die Barbaar.

Ek is op 4 Maart 1951 gebore en slaap op die huidige oomblik in dieselfde kamer waar ek gebore is. Ek het skoolgegaan by die Kroonstad Hoërskool, maar voltooi matriek in die SA Polisie Kollege Pretoria en as konstabel by ‘n paar ander plekke gewerk. Later in my lewe het ek begin boer en word toe ‘n deeltydse grootwild jagter en besigheidsman. Die droogte het my afgelaai en daarna het ek ‘n landbou/natuurbewaarder geword totdat ek in 1996 my ouboet se melkery op die familieplaas begin bestuur het.

Ek het ‘n dogter, Vera (41), ‘n seun Ryan (31) en kleindogter, Simoné (14). Ek dink dit is genoeg oor myself. Ek is die afgelope 26 jaar alleenlopend en het ook my seun alleen grootgemaak... wel, ek en my veldwagters.

SYBIE VERTEL MEER OOR SY NUUTSTE BOEK, THOLA...

Thola was ‘n kortverhaal in Facebook se Perskewang se kort-kort stories. Die belangstelling was so groot dat ek dit as roman aangedurf het. Dit was net nadat ek my tweede boek, Madefu se Wêreld, vrygestel het. My eerste boek se naam was Dieregiere en Goggageite.

WAT WAS DIE INSPIRASIE AGTER THOLA?

Die inspirasie was maklik, want die tyd na die Anglo-Boereoorlog, was ‘n tyd van skaamte, seer en vernedering gewees... ‘n “gordyntyd.” Bitter min mense besef dat ons voorgeslagte ook normale mense was. Normale mense met normale begeertes, drange, drome en vrese. Ons is geneig om daardie emosies onder die lang rok, kappie en velskoen te verberg.

Kontak Sybie by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. vir bestellings en navrae. Thola en Thola se R18 weergawe is nou beskikbaar!