Group 2 copy

Produk: Vier Seisoene Omnibus

Uitgewers: Mar-Leo Publiseerders

Prys: R160 (posgeld uitgesluit)

Kliek hier om by Mar-Leo Publiseerders se Facebook-blad aan te sluit!

“Vier Seisoene Omnibus” het na aanleiding van 'n gesprek tussen Mar-Leo Publiseerders en twee goeie vriende een aand in Mei 2015 met aandete ontstaan. Verskeie digters, digvorme en digtersgroepe het deel van dié gesprek gevorm. Vivaldi se “Four Seasons” het ook tydens die gesprek na vore gekom. Daar het hierdie kleurryke omnibus sy oorsprong gekry.

Vier Seisoene handel nie net oor die vier natuurlike seisoene nie, maar ook verskeie seisoene waardeur ons in die lewe gaan; die musiek wat ons self maak en elke dag van ons bestaan volg, die wysie wat ons neurie of die liedjie wat ons sing. Vier Seisoene is die personifikasie van die digterswêreld waarin ons leef. Lesers van Vier Seisoene sal die diversiteit in hierdie omnibus kan raaklees en beleef.

Vier Seisoene behoort aan elke digter wat deel van hierdie projek gevorm het. Mar-Leo Publiseerders bedank met trots elke digter wat bereid was om deel te raak van die ongelooflike projek. Die bundel sou nooit die lig gesien het as dit nie vir almal se betrokkenheid was nie.

Mar-Leo Publiseerders bedank dan ook die volgende persone wat groot deelvorm van dié splinternuwe projek:

Magda de Korte, Diërdré Jonker, Francois Meyer (KunsWeb) en elkeen wat bereid was om hulle tyd op te offer vir proeflees, resensies skryf en lojale ondersteuning.

Mar-Leo Publiseerders verwelkom graag al die digters wat vir die eerste keer publiseer; Anna Bosman, Berita Parkin, Charlene Herbst en Hennie Egen. Aan die meer gevestigde en gepubliseerde digters; die voorreg en eer is Mar-Leo Publiseerders s'n.

Bestel “Vier Seisoene Omnibus” by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.